Kawa | |
---|---|
Die blare van Piper methysticum. | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Plantae |
Klade: | Tracheofiete |
Klade: | Angiospermae |
Klade: | Magnoliids |
Orde: | Piperales |
Familie: | Piperaceae |
Genus: | Piper |
Spesie: | P. methysticum
|
Binomiale naam | |
Piper methysticum |
Kawa (Piper methysticum; Latyn vir "peper" en Grieks vir "bedwelmende") is 'n plant van die Pasifiese Eilande.[1] Die naam kawa kom van Tongaans en Marquesaans en beteken "bitter";[1] ander name sluit in ʻawa (Hawais),[2] ʻava (Samoaans),[3] yaqona of yagona (Fidjiaans),[4] ensovoorts. Kawa word gebruik vir sy kalmerende uitwerking in kulture dwarsdeur die Stille Oseaan.
Die wortel van die plant word gebruik om 'n drankie te maak met kalmerende, verdowende en euforiese eienskappe. Die aktiewe bestanddele word kawaloktone genoem.[5]
Die Wêreldgesondheidsorganisasie meen die matige gebruik van kawa in sy tradisionele vorm, dus as 'n watergebaseerde suspensie van kawawortels, hou 'n "aanvaarbaar lae vlak van gesondheidsrisiko" in.[6] Kawa-ekstrakte gemaak met organiese oplosmiddels en kawa van swak gehalte hou 'n groter risiko in, insluitende van lewerskade.[6][7]