Die kea is die enigste Alpe-papagaai ter wêreld. Hul omnivore dieet sluit aas in,[3] maar bestaan hoofsaaklik uit wortels, blare, bessies, nektar en insekte. Die voëls is vroeër doodgemaak weens kommer onder skaapboere dat hulle vee, veral skape, aanval.[4] Sedert 1986 word hulle beskerm onder die wet op natuurlewe.[5]
Die genusNestor bevat vier spesies: die Nieu-Seelandse kaka (Nestor meridionalis), die kea (N. notabilis), die uitgestorwe Norfolk-kaka (N. productus) en die uitgestorwe Chatham-kaka (N. chathamensis). Almal stam vermoedelik af van ’n "proto-kaka" wat vyf miljoen jaar gelede in die woude van Nieu-Seeland voorgekom het.[6][7] Hul naaste verwant is die kakapo (Strigops habroptilus), wat nie kan vlieg nie.[6][7][8][9] Saam vorm hulle die superfamilie Strigopoidea van papegaaie, ’n antieke groep wat voor hul verspreding van alle ander Psittacidae afgeskei het.[6][7][9][10]
↑ 7,07,17,2Grant-Mackie, E.J.; J.A. Grant-Mackie; W.M. Boon; G.K. Chambers (2003). "Evolution of New Zealand Parrots". NZ Science Teacher. 103.
↑Juniper, T., Parr, M. (1998) Parrots: A guide to parrots of the world. New Haven, CT: Yale University Press (ISBN 0-300-07453-0)
↑ 9,09,1De Kloet, Rolf S.; De Kloet, Siwo R. (September 2005). "The evolution of the spindlin gene in birds: sequence analysis of an intron of the spindlin W and Z gene reveals four major divisions of the Psittaciformes". Mol. Phylogenet. Evol. 36 (3): 706–21. doi:10.1016/j.ympev.2005.03.013. PMID16099384.
↑Schweizer, M.; Seehausen O; Güntert M; Hertwig ST (2009). "The evolutionary diversification of parrots supports a taxon pulse model with multiple trans-oceanic dispersal events and local radiations". Molecular Phylogenetics and Evolution. 54 (3): 984–94. doi:10.1016/j.ympev.2009.08.021. PMID19699808.