Kehler FV

Kehler FV

Volledige naam Kehler Fußballverein
1907 e. V.
Stigtingsdatum 1907
Tuisveld Kehler Rheinstadion,
Kehl
Kapasiteit 12 500
Kompetisie Oberliga Baden-Württemberg

Kehler FV is 'n sportklub uit Kehl in die deelstaat Baden-Württemberg in Duitsland. Behalwe sokker, het die klub ook onder meer afdelings vir atletiek en pluimbal.

Die klub is in 1907 gestig as 'n suiwer sokkerklub, maar gedurende die 1930’s het die klub 'n sportklub geword met die stigting van die atletiekafdeling.

Die klub se grootste prestasie was om in 1937 een seisoen in die Gauliga op die hoogste vlak mee te ding. Verder was Bodo Bittner, van die klub se bobslee-afdeling, deel van die Duitse viermanspan wat 'n bronsmedalje by die Olimpiese Winterspele 1976 gewen het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne