Keimond Kei Mouth | |
---|---|
![]() Uitsig op Keimond van die heuwel af. | |
Koördinate: 32°40′S 28°22′O / 32.667°S 28.367°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Oos-Kaap |
Distrik | Amathole |
Munisipaliteit | Groot Kei |
Stigting | 1822 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,07 km2 (0,80 vk. myl) |
Hoogte | 6,5 m (21,3 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 291 |
• Digtheid | 141/km2 (370/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 91.4% |
• Indiërs/Asiërs | 0.7% |
• Swart mense | 7.6% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Engels | 64.2% |
• Afrikaans | 29.0% |
• Xhosa | 4.3% |
• Tswana | 1.1% |
• Ander | 1.4% |
Poskode (strate) | 5260 |
Poskode (posbusse) | 5260 |
Skakelkode | 043 |
Keimond is 'n vakansiedorp geleë langs die monding van die Groot-Keirivier, 94 km noord-oos van Oos-Londen aan die Wildekus van die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Die nedersetting van Keimond is deur die Britte geskep ná die 8ste Grensoorlog, as deel van die voorste linie van 'n buffersone wat gemik was op die beskerming van Brits-Kaffraria teen die strydende Xhosa-stamme.
In 1930 het Huberta, die bekende seekoei, haar in die Keirivier net bokant die derde grot tuisgemaak. Sy is uiteindelik verjaag en het haar reis na die suide voortgesit.