Keith Jarrett | |
---|---|
Gebore | 8 Mei 1945 Allentown, Pennsylvanië, Verenigde State |
Genres | Jazz, klassiek, vrye improvisasie |
Beroep(e) | Musikant, komponis |
Instrumente | Klavier |
Assosiasies | Art Blakey, Sam Brown (kitaris), Gary Burton, Dennis Russell Davies, Miles Davis, Jack DeJohnette, Charlie Haden, Charles Lloyd (jazz musikant), Airto Moreira, Paul Motian, Gary Peacock, Dewey Redman, Kenny Wheeler |
Keith Jarrett (gebore op 8 Mei, 1945) is 'n Amerikaanse pianis en komponis van jazz en klassieke musiek.[1]
Jarrett het sy loopbaan begin saam met Art Blakey, en daarna saam met Charles Lloyd en Miles Davis gespeel. Sedert die vroeë 1970's geniet hy baie sukses as groepleier en solo-uitvoerder in jazz, jazzfusion en klassieke musiek. Sy improvisasies spruit uit die tradisies van jazz en ander genres, veral Westerse klassieke musiek, gospel, blues en etniese folk music. In 2003 het Jarrett die Polar Musiek-prys ontvang.
Hy was die eerste ontvanger van sowel die kontemporêre as die klassieke musiekpryse,[2] en in 2004 het hy die Léonie Sonning Musiek-prys ontvang. Sy album getitel The Köln Concert (1975) het die topverkoper klavieropname van alle tye geword.
In 2008 is hy ingewy in die Down Beat Hall of Fame tydens die tydskrif se 73ste jaarlikse Meningspeiling.
<ref>
tag; no text was provided for refs named Larkin