Kemerowo-oblast

Kemerowo-oblast
Кемеровская область
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland.
Die ligging van Kemerowo-oblast in Rusland.
Politieke status
Land Russiese Federasie
Federale distrik Siberiese
Ekonomiese streek Wes-Siberiese
Stigting 26 Januarie 1943
Regering
Hoofstad Kemerowo
Leier Aman Toelejef[1]
Amp Goewerneur
Wetgewer Raad van Volksafgevaardigdes
Bevolking
Sensus 2010
Totaal 2 763 135
Volgorde 15de
Digtheid 28,93/km2
Stedelik 85,4%
Plattelands 14,6%
Statistiek
Oppervlakte 95 500 km2
Volgorde 34ste
Tydsone UTC+07:00
Registrasienommer 42
Amptelike tale Russies
Webtuiste http://www.ako.ru/
Wapen en vlag

Portaal  Portaalicoon   Rusland

Kemerowo-oblast (Russies: Ке́меровская о́бласть, Kemerofskaja oblast) is ’n deelgebied van Rusland. Dit lê in die Siberiese Federale Distrik en die hoofstad is Kemerowo.

Die oblast, wat ’n gebied van 95 500 km2 beslaan,[2] grens aan Tomsk-oblast in die noorde, Krasnojarsk-krai en Chakassië in die ooste, die Republiek Altai in die suide en Nowosibirsk-oblast en Altai-krai in die weste. Hoewel Kemerowo die hoofstad is, is Nowokoeznetsk die oblast se grootste stad. Kemerowo-oblast is een van Rusland se mees verstedelikte streke, met meer as 70% van die bevolking wat in sy nege grootste stede woon. Die bewoners is hoofsaaklik Russies, maar Oekraïners, Tatare en Tsjoewasjiërs kom ook voor.

  1. Amptelike webtuiste van die administrasie van Kemerowo-oblast. Aman Toelejef Geargiveer 10 April 2012 op Wayback Machine (ru)
  2. (ru) Федеральная служба государственной статистики (Federale Staatstatistiekdiens) (2004-05-21). "Территория, число районов, населённых пунктов и сельских администраций по субъектам Российской Федерации (Territory, Number of Districts, Inhabited Localities, and Rural Administration by Federal Subjects of the Russian Federation)". Всероссийская перепись населения 2002 года (All-Russia Population Census of 2002). URL besoek op 2011-11-01

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne