Keniaanse Rugbyunie | |
---|---|
Kenteken van die Keniaanse Rugbyunie
| |
Engelse naam | Kenya Rugby Union |
Afkorting | KRU |
Swahili-naam | Shirikisho la Raga Kenya |
Land | Kenia |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1970 |
Gestig in | Nairobi, Kenia |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1990 |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Afrika |
Setel | Nairobi, Kenia |
President | Alexander Mutai |
Hoof- uitvoerende beampte | Thomas Odundo |
Amptelike tale | Engels en Swahili |
Amptelike webwerf | kru.co.ke |
Die Keniaanse Rugbyunie (Engels: Kenya Rugby Union, afgekort “KRU”; Swahili: Shirikisho la Raga Kenya) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Kenia beheer. Die beheerliggaam is in 1970 gestig en in Nairobi gesetel. Sedert 1990 verteenwoordig dit Kenia by Wêreldrugby en sedert 1986 ook by Rugby Afrika (“RA”).