Kenia | ||||
Unie | Keniaanse Rugbyunie (KRU) | |||
Bynaam(e) | Simbas (“die leeus”) | |||
Embleem | die Leeu | |||
Stadion | RFUEA-veld, Nairobi | |||
Kapasiteit | 6 000 | |||
Afrigter(s) | Jerome Paarwater (sedert 2023) | |||
Kaptein(s) | Daniel Sikuta | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | Joel Nganga (52)[1] | |||
Meeste toetspunte | Darwin Mukidza (385)[2] | |||
Meeste drieë | Darwin Mukidza (18)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Kenia wen teen Tanganjika[4] (1954) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Kenia 96–3 Nigerië (10 Augustus 1987) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Portugal 85–0 Kenia (Doebai, Verenigde Arabiese Emirate; 12 November 2022) | ||||
Amptelike webwerf | ||||
www.kru.co.ke |
Die Keniaanse nasionale rugbyspan (Engels: Kenya national rugby union team; Swahili: Timu ya raga ya Kenya) is die nasionale rugbyspan wat Kenia in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Simbas wat in Swahili leeus beteken. Rugby word in Kenia geadministreer deur die Keniaanse Rugbyunie (Kenya Rugby Union, KRU) wat in 1970 gestig is. Kenia word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Keniaanse rugbyspan is tans (Julie 2024) 37ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[5] Saam met Ivoorkus en Zimbabwe is Kenia tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikarugbyspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias.
Hulle tuisveld is die RFUEA-veld in Nairobi wat in 1955 vir ’n Oos-Afrika-span teen die Britse en Ierse Leeus voorberei is. Kenia kon nog nie vir ’n rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer nie.[6] Hulle het tydens die Afrikabeker twee titels ingepalm, vier keer in die derde en vyf keer in die vierde plek geëindig. Die Keniaanse span speel tradisioneel in rooi truie met swart broeke en groen sokkies. Een voormalige Keniaanse rugbyspeler is in Wêreldrugby se Heldesaal opgeneem.