Kepler-22b is ’n eksoplaneet van die klas G-ster Kepler-22.[2][3] Dit is sowat 600 ligjare van die Aarde af in die sterrebeeld Swaan. Dit is in 2011 deur Nasa se Kepler-ruimteteleskoop ontdek en was die eerste bekende eksoplaneet wat voor sy ster verbybeweeg wat in die bewoonbare sone van ’n Sonagtige ster ontdek is.[2][3][4]
Kepler-22b se radius is sowat 2,4 keer dié van die Aarde. Sy massa en samestelling is onbekend.[2][3]
- ↑ Klotz, Irene (5 Desember 2011) Alien Planet Could Host Life, Discovery.com
- ↑ 2,0 2,1 2,2 "Nasa – Nasa's Kepler Confirms Its First Planet in Habitable Zone of Sun-like Star". NASA Press Release (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 16 Mei 2017. Besoek op 6 Desember 2011.
- ↑ 3,0 3,1 3,2 "Kepler 22-b: Earth-like planet confirmed". BBC Online (in Engels). 5 Desember 2011. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Mei 2020. Besoek op 6 Desember 2011.
- ↑ Kepler-22b: Facts About Exoplanet in Habitable Zone