Kerberos soos op 14 Julie 2015 afgeneem deur New Horizons op 'n afstand van 396 100 km. | |
Ontdekking[1] | |
---|---|
Ontdek deur | Mark R. Showalter et al. |
Datum | 28 Junie 2011 |
Alternatiewe name | S/2011 P 1, P4 |
Etimologie | Kerberos |
Wentelbaaneienskappe[1] | |
Wentelperiode | 32,1±0,3 d |
Baanhelling | ≈ 0 |
Satelliet van | Pluto |
Fisiese eienskappe |
|
Gem. radius | 6 km x 2 km[2] |
Skynmagnitude | 26,1±0,3[1] |
Kerberos is 'n klein natuurlike satelliet (maan) van die dwergplaneet Pluto. Die ontdekking van Kerberos deur M.R. Showalter (wat op 20 Julie 2011 aangekondig is), volg op die ontdekking van Charon in 1978, Nix en Hidra in 2005, en maak dit die vierde bekende maan van Pluto.[1]
Die maan is genoem na Kerberos, die bewaker van die onderwêreld in die Griekse mitologie. Die ander mane van Pluto (Charon, Styx, Nix en Hidra) het ook name uit die Griekse mitologie gekry wat met die onderwêreld verband hou.