Kerkslawies Црькъвьнословѣньскъ ѩꙁꙑкъ | ||
---|---|---|
Gepraat in: | geen | |
Gebied: | Oos-Europa | |
Totale sprekers: | uitgesterf | |
Taalfamilie: | Indo-Europees Slawies Suid-Slawies Suidoos-Slawies Kerkslawies | |
Skrifstelsel: | Glagolitiese alfabet, Cyrilliese alfabet | |
Amptelike status | ||
Amptelike taal in: | geen | |
Gereguleer deur: | geen | |
Taalkodes | ||
ISO 639-1: | cu
| |
ISO 639-2: | chu
| |
ISO 639-3: | chu
| |
Nota: Hierdie bladsy kan IFA fonetiese simbole in Unicode bevat. |
Kerkslawies of Nuwe Kerkslawies is die konserwatiewe liturgiese taal van die Slawies-Ortodokse kerke in Bulgarye, Pole, Tsjeggië, Slowakye, Rusland, Serwië, Montenegro, Bosnië en Herzegowina, Noord-Masedonië en Oekraïne. Dit verskyn ook soms in die dienste van die Ortodokse Kerk in Amerika en is tot die laat 17de en vroeë 18de eeu in die Roemeense Ortodokse kerke gebruik,[1] sowel as in die vroeë Middeleeue deur die Rooms-Katolieke Kroate. Dit word ook deur sommige kerke gebruik wat hulself nie as Ortodoks beskou nie, maar wat in gemeenskap met die Ortodokse Kerk is, soos die Masedoniese en die Montenegrynse Ortodokse Kerk en die Russiese Ware Ortodokse Kerk.
Die taal het teen die vroeë 12de eeu uit Ou Kerkslawies gevloei toe individuele Slawiese tale begin ontstaan het en die liturgiese taal se uitspraak, grammatika, woordeskat en ortografie by die plaaslike gesproke taal aangepas is. So het verskillende plaaslike hersiene weergawes die lig gesien.
Kerkslawies is aanvanklik ook in die Glagolitiese alfabet geskryf, maar deesdae word net die Cyrilliese alfabet gebruik. Dit was ook tot in die 18de eeu ’n skryftaal in Rusland. Die eerste Kerkslawiese boek wat verskyn het, was die Missale Romanum Glagolitice (1483) in Glagolities. Dit is in 1491 gevolg deur vyf Cyrilliese liturgiese boeke. Moderne Russies bevat nog steeds baie Kerkslawiese elemente.