'n Ketoon of alkanoon is 'n organiese verbinding met die struktuur R(CO)R', met 'n karbonielgroep (C=O) as funksionele groep, waar R en R' elk koolstofbevattende substituent is.
Die bekendste en eenvoudigste ketoon is asetoon of propanoon, waarin R en R' albei metiel-groepe (CH3) is.