Kew-paleis (Engels: Kew Palace) is ’n Britse paleis in die Kew- Botaniese Tuin aan die oewer van die Teemsrivier in Londen. Daar het minstens drie paleise gestaan, waarvan die laaste twee definitief as Kew-paleis bekend was. Geen rekord van die eerste paleis het behoue gebly nie. Die huidige Kew-paleis is die tweede paleis wat gebou is; dit is oop vir die publiek. Dit word versorg deur ’n onafhanklike welsynorganisasie wat geld kry van die regering en die koningin.[1]