Kiel | ||||
Latynse naam | Carina | |||
Genitief | Carinae | |||
Afkorting | Car | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 9h | |||
Deklinasie | -60º | |||
Grootte | 494 vk. grade (34ste) | |||
Kwadrant | SQ2 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 9 | |||
Helderste ster | Alpha Carinae (Canopus) | |||
Naaste ster | LHS 288 | |||
Sterre helderder as 3 m | 6 | |||
Sterre met planete | 9 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 52 | |||
Meteoorreëns | Alpha Carinids, Eta Carinids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Agterdek , Seile Silder, Vlieënde Vis, Vlieg, Kameleon, Sentour | ||||
|
Die Kiel (Latyn: Carina) is ’n sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit verteenwoordig die kiel van ’n skip en was oorspronklik deel van ’n groot sterrebeeld, die skip van "Jason en die Argonoute" (Argo Navis), wat eeue later in drie dele verdeel is – die ander twee is die Agterdek en die Seile.