Kikoejoegras | |
---|---|
Blomme met stempels | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
(geen rang): | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | |
Spesie: | P. clandestinum
|
Binomiale naam | |
Pennisetum clandestinum |
Kikoejoegras (Pennisetum clandestinum) is 'n robuuste, kruipende, meerjarige gras met dik, kort, gelitte wortelstokke (risome) en bogrondse ranke. Dit het heldergroen blare wat 'n digte grasmat vorm. Naas grasperke word dit ook vir landboudoeleindes gebruik, omdat dit 'n hoë voedingswaarde het. Kikoejoegras kom oorspronklik uit die tropiese, oostelike deel van Afrika en is na die Kikoejoe-bevolking van Kenia vernoem.[1]
Kikoejoe is 'n aggressiewe indringer in weivelde, oeslande en natuurgebiede, veral nat kusgebiede, strome en vleilande. Dit versprei vinnig deur lang wortelstamme wat uitlopers produseer. Die gras skei chemikalieë af wat ander plante in die nabyheid vernietig. Dit bedreig ook die natuurlike plantegroei deur versmoring.
Dit is moeilik om kikoejoe uit te roei, omdat die uitlopers wat agterbly weer begin groei. Vir die rede moet dit verkieslik met 'n onkruiddoder vergiftig word alvorens dit uitgegrawe word. Om die verspreiding daarvan te bekamp, moet tuinvullis met grasuitlopers nie in oop spasies (soos leë erwe, sypaadjies, afvoerpype en natuurgebiede) gegooi word nie.[2]