Kings Park

Kings Park

Kings Park is 'n 4,06 km² park wat geleë is aan die westekant van Perth se sentrale sakekern. Die park is 'n mengsel van grasperke, botaniese tuine en natuurlike bosse op Mount Eliza.

Buiten fasiliteite vir toeriste bevat Kings Park die Staat se Oorlogsgedenkmuseum, die Royal Kings Park Tennis klub en 'n reservoir. Die strate is begrens met boomlanings met indiwiduele gedenkplate wat opgerig is deur familielede van Wes-Australiese mans- en vroue wat tydens die Eerste- en Tweede Wêreldoorlog omgekom het.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne