Kiwivrug

Verskillende spesies van Kiwivrugte

Die Kiwivrug of Sjinese appelliefie (dikwels verkort tot Kiwi buite Nieu-Seeland), is die eetbare bessie van 'n houtagtige wingerdstok in die genus Actinidia. [1]

Die mees algemene kultivar van kiwivrug ('Hayward') [2] is ovaal en ongeveer die grootte van 'n groot hoendereier (5-8 cm in lengte en 4,5-5,5 cm in deursnee). Dit het 'n veselagtige, dowwe groen-bruin skil en heldergroen of goue vlees met rye klein, swart, eetbare sade. Die vrugte het 'n sagte tekstuur en 'n soet maar 'n unieke smaak, en word vandag kommersieel verbou in verskeie lande, soos Italië, Nieu-Seeland, Chili, Griekeland en Frankryk. [3]

  1. Bernadine Stirk (2005). "Growing Kiwifruit" (PDF) (in Engels). Pacific Northwest Extension Publishing. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 17 Julie 2013. Besoek op 4 Januarie 2013.
  2. freshplaza.com
  3. "Kiwi fruit: World List, 2010". FAOSTAT. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Oktober 2016. Besoek op 4 Januarie 2013.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne