Nr. E1221 nader Bellville-stasie, Kaapstad, op 1 September 2006 | |
Tipe en oorsprong | |
---|---|
Kragtipe | Elektries |
Ontwerper | Union Carriage & Wagon |
Vervaardiger | Union Carriage & Wagon |
Model | UCW 6E |
Klas | Klas 6E |
Vervaardig | 1970 |
Aantal gebou | 82 |
Bouspesifikasies | |
UIC wielklassifikasie | Bo-Bo |
Spoorbreedte | Kaapspoor |
Bogies | 3.430 m |
Wielbasis | 11.279 m |
Lengte | 15.494 m |
Breedte | 2.896 m |
Hoogte | 4.089 m pantograwe neer |
Asbelasting | 22 226 kg |
Lokomotiefmassa | 88 904 kg |
Kragverkryging | Pantograwe |
Traksiemotors | Vier AEI 283 AZ |
Transmissie | 18/67 ratverhouding |
Werkverrigting | |
Maksimumspoed | 113 km/h |
Kraglewering | Per motor: 623 kW 1 uur 563 kW aanhoudend Totaal: 2492 kW 1 uur 2252 kW aanhoudend[1] |
Trekkrag | 311 kN wegtrek 221 kN 1 uur 193 kN aanhoudend teen 40 km/h |
Lokomotiefremme | Heropwekkingremme |
Lug & Vakuum | |
Diensgeskiedenis | |
Gebruiker | Suid-Afrikaanse Spoorweë Yskor Spoornet Transnet Freight Rail |
Kragklas | 3 kV DC |
Aantal in klas | 82 |
Vlootnommer(s) | SAR E1146-E1225 [2] Yskor F221.01-F221.02 |
Plek gebruik | Suid-Afrika |
Afleweringsdatum | 1970-1971 |
Eerste tog | 1970 |
Klas 6E is 'n tipe elektriese lokomotief wat deur die Suid-Afrikaanse Spoorweë gebruik is op verskeie trajekte in Suid-Afrika. Die as-gemonteerde elektriese motors het 'n uitset van 550 kW elk vir 'n totale uitset van 2200 kW. Die lokomotief werk met 3 kV gelykstroom.
Die uitdaging van hierdie ontwerp was om te verseker dat die krag effektief oorgedra word sonder dat die wiele gly. Klas 6E1 is 'n verbetering in die klas met traksieskakels op die draaistelle wat duidelik sigbaar is aan die buitekant. Beide klasse is toegerus met elektroniese wielglybespeuring. In 1982 is twee Klas 6E1-lokomotiewe toegerus met mikroprosesseerders om die beheer van die lokomotiewe meer effektief te maak.
Die maksimum veilige snelheid van die lokomotiewe is 113 km/h. Model nr. 1525 het tydens 'n eksperiment op 'n hoëspoedbaan 'n snelheid van 245 km/h bereik. Die voorkant van die lokomotief was bedek met 'n spesiale toestel om dit meer vaartbelyn te maak.