Klassifikasie van dinosourusse

’n Grafiese voorstelling van die klassifikasie van dinosourusse.

Die klassifikasie van dinosourusse het in 1842 begin toe sir Richard Owen die Iguanodon, Megalosaurus en Hylaeosaurus geplaas het in ’n "afsonderlike tribus of orde van souriese reptiele, waarvoor ek die naam Dinosauria voorstel".[1] In 1887 en 1888 het Harry Seeley die dinosourusse in twee ordes verdeel: Saurischia en Ornithischia, na aanleiding van hul heupstruktuur. Die verdeling is lank behou, selfs deur verskeie veranderings in die taksonomie van dinosourusse.

Die grootste verandering is in die 1950's voorgestel deur die entomoloog Willi Hennig, en dit het ontwikkel in die moderne kladistiek. Vir diere wat net uit fossiele bekend is, het die ontleding van eienskappe om evolusionêre verwantskappe tussen verskillende groepe "klades" te bepaal, uiters behulpsaam blyk te wees. Toe rekenaargebaseerde ontleding waarin kladistiek gebruik is, in die 1990's gewild raak, was paleontoloë onder die eerste dierkundiges om die stelsel te aanvaar.[2]

Toenemende navorsing om verhoudings tussen dinosourusse te bepaal met behulp van nuwe ontdekkings het gelei tot ’n stabiele klassifikasie sedert die middel-2000's.

  1. Owens, 1842.
  2. Brochu, C.A.; Sumrall, C.D. (2001). "Phylogenetic nomenclature and paleontology". Journal of Paleontology. 75 (4): 754–757. doi:10.1666/0022-3360(2001)075<0754:PNAP>2.0.CO;2.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne