Klawers is een van die vier kleure, of stelle, speelkaarte in 'n Franse pak. Dit stem ooreen met die stel akkers
in 'n Duitse pak kaarte.[1]
Die oorspronklike Franse naam is Trèfle, wat "klawer" beteken, en die kaartsimbool is 'n klawer met drie blare. Die Italiaanse naam is Fiori ("blom"). Die Engelse naam, Clubs, is afgelei van die stel Bastoni ("knuppels") in Spaanse kaarte.
In Duitsland is dié stel bekend as Kreuz ("kruis"), veral in die internasionale skatregulasies. In Oostenryk is dit weer feitlik uitsluitlik as Treff bekend, wat 'n verwysing na die Franse naam is, veral in brug waar Franse name gewoonlik oorheers. So word hartens Cœur genoem in plaas van Herz.