Klein sint Hugh van Lincoln

'n Tekening van Hugh in sy kis, deur Samuel Hieronymus Grimm (1791).

Hugh van Lincoln (1246 - 27 Augustus 1255) was 'n Engelse seun wie se dood in Lincoln, Engeland valslik aan Jode toegeskryf is. Hy is soms bekend as "klein sint Hugh van Lincoln" om hom te onderskei van die volwasse sint Hugh van Lincoln (in 1200 oorlede). Die seun Hugh is nie amptelik heilig verklaar nie,[1][2] en dus is "klein sint Hugh" 'n verkeerde benaming.

Hugh het een van die bekendste "bloedlaster"-heiliges geword: gewoonlik Christelike kinders wie se dood vertolk is Joodse offerandes. Sommige historici glo die kerkowerhede van Lincoln het gebeure in 'n sekere rigting gestuur om 'n winsgewende vloei van pelgrims na die heiligdom van 'n martelaar en heilige te vestig.[3] Hugh se dood is belangrik, want dit was die eerste keer dat die koning geloofwaardigheid verleen het aan kindermoordbewerings, deur die regstreekse inmenging van koning Hendrik III.[4] Daarom is die verhaal, in teenstelling met ander Engelse bloedverdigsels, in die historiese letterkunde van die Middeleeue opgeneem en in gerugte wat tot in die 20ste eeu die rondte gedoen het.

Oorblyfsels van Hugh se heiligdom in 2006.
  1. "William Smith and Samuel Cheetham, A Dictionary of Christian Antiquities (Murray, 1875), p. 283". Boston, Little. Besoek op 4 Oktober 2014.
  2. "Pope Alexander III". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Oktober 2013. Besoek op 4 Oktober 2014.
  3. Hillaby & Hillaby 2013, pp. 657–58
  4. Huscroft 2006, p. 102

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne