Klipdassie[1] | |
---|---|
Klipdassie by Hermanus, Wes-Kaap | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Familie: | |
Genus: | Procavia Storr, 1780
|
Spesie: | P. capensis
|
Binomiale naam | |
Procavia capensis (Pallas, 1766)
| |
verspreiding |
Die klipdassie (Procavia capensis) of klipdas is 'n dassie wat wydverspreid in mesiese en dorre gebiede van suidelike en sentraal-Afrika, asook die Nabye Ooste en die kusstrook van die Rooisee voorkom. Dit is die bekendste verteenwoordiger van die dassiefamilie (Procaviidae), waarvan die voorlopers aan olifante, klaasneuse en die erdvark verwant was. Klipdassies is klein, maar frisgeboude, bruinerige diere met kort ore en merkwaardige pote met hoewe.
Die hoewe sowel as kiestande toon ooreenkomste met dié van renosters, hoewel hulle nie nouverwant is nie. Hulle leef in groot kolonies in klipperige gebiede. Hulle is plantvreters wat min water drink, wat meebring dat die urinekonsentraat baie hoog is. Die neerslag wat oorbly nadat die water uit die urine verdamp het, staan as klipsweet bekend.