Kljoetsjefskaja Sopka | |
---|---|
Ligging | Kamtsjatka, Rusland |
Hoogte | 4 754 meter bo seevlak |
Prominensie | 4 649 |
Reeks | Oostelike Bergreeks |
Koördinate | 56°03′21″N 160°38′38″O / 56.05583°N 160.64389°O |
Bergtipe | Stratovulkaan (aktief) |
Laaste uitbarsting | 2021 |
Die ligging in Kamtsjatka. |
Die berg Kljoetsjefskaja Sopka (Russies: Ключевская сопка; ook bekend as Kljoetsjefskoi, Russies: Ключевской) is 'n stratovulkaan, die hoogste berg op die Kamtsjatka-skiereiland en in Siberië, Rusland, en die hoogste aktiewe vulkaan in Eurasië. Sy steil, simmetriese keëls toring sowat 100 km bo die Beringsee uit. Die vulkaan is deel van 'n Unesco-wêrelderfenisterrein.
Kljoetsjefskaja het sowat 6 000 jaar gelede ontstaan.[1] Sy eerste aangetekende uitbarsting het in 1697 voorgekom,[1] en sedertdien was dit feitlik onophoudelik aktief, nes baie naburige vulkane. In 1931 is verskeie bergklimmers gedood deur lawa wat deur die lug getrek het toe hulle na onder klim. Omdat dieselfde soort gevare vandag dreig, klim min mense die berg.
Sommige inheemse volke beskou Kljoetsjefskaja Sopka as heilig en glo dit is waar die wêreld geskep is. Ander berge in die gebied word ook as heilig beskou, maar Kljoetsjefskaja Sopka is die heiligste van hulle.