Klondike | ||
![]() | ||
Kaartuitleg vir 'n spel klondike. | ||
Tipe | Enkelspel | |
Familie | Solitaire | |
Spelers | 1 | |
Getal kaarte | 52 | |
Speeltyd | 10 min.[1] | |
Wenkans | 1 uit 30[1] |
Klondike is 'n kaartspel vir een speler en die gewildste van die solitaire- of patience-familie speletjies,[2] hoewel die kans op sukses van die kleinste in sodanige speletjies is.[3] Deels daarom het talle viariante hulle verskyning gemaak, soos batsford, easthaven, agnes, king Albert, ens. Die kenmerkende eienskap van al dié variasies is 'n driehoekige uitleg van die tablo, die opbou van die fondamente in toenemende waarde en die uitsit van kaarte op die tablo in afnemende waarde.[4]