Knud Rasmussen | |
---|---|
Gebore | Knud Johan Victor Rasmussen 7 Junie 1879 |
Sterf | 21 Desember 1933 (op 54) |
Nasionaliteit | Groenlands, Deens |
Beroep | Antropoloog, ontdekkingsreisiger |
Knud Rasmussen (*7 Junie 1879 – †21 Desember 1933) was ’n Deense ontdekkingsreisiger en antropoloog. Hy staan bekend as die “vader van Eskimologie”[1] en was die eerste Europeër wat die Noordwestelike Deurvaart per hondeslee oorgesteek het.[2] Hy is baie bekend in Groenland, Denemarke en onder die Kanadese Inuit.[3]