Koedoe

Koedoe
'n Koedoebul in die Krugerwildtuin, Suid-Afrika.
'n Koedoekoei in die Nasionale Etoshawildtuin, Namibië.

Veilig  (IUCN 3.1)[1] mgmfngnkgmfjgk
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Spesie:
T. strepsiceros
Binomiale naam
Tragelaphus strepsiceros
(Pallas, 1766)
Verspreiding van die subspesies

Die koedoe (Tragelaphus strepsiceros, Engels: Greater Kudu) is 'n wildsbok wat in Suider-Afrika voorkom. Die bul weeg tot 270 kg en die koei tot 210 kg. Die soogdier se kleur is vaalgrys tot vaalbruin, met 'n aantal vertikale wit strepe langs die sye. Die bul het horings wat tot 120 cm lank kan word terwyl die koeie nie horings het nie. Tussen die is 'n wit chevronmerk.

Die dier kom voor in tipiese ruig bosveldgebiede veral naby of op koppies. Hy het 'n besonderse vermoë om stilletjies tussen plante en ruigtes te "verdwyn" vanweë sy geruislose bewegings terwyl hy wei. Maar as hy deur 'n roofdier of motor gejaag word, kan hy eensklaps oor 'n heining van byna 4 meter spring. Die bok se lewensduur is sowat 14 jaar en sy vyande is die gevlekte hiëna, jagluiperd, luiperd, leeu en wildehond.

Koedoes is van die bekendste antilope, enersyds omdat hulle gewilde jagwild is en andersyds omdat hul statige houding en besondere springvermoë die verbeelding van diereliefhebbers aangryp. Koedoes word in twee spesies ingedeel, naamlik die gewone koedoe (Tragelaphus strepsiceros), wat van Suider-Afrika tot in Noordoos-Afrika voorkom, en die minder bekende kleiner koedoe (Tragelaphus imberbis), wat net in Noordoos-Afrika aangetref word.

  1. IUCN SSC Antelope Specialist Group (2008). Tragelaphus strepsiceros. 2008 IUBN Rooi Lys van bedreigde spesies. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur 2008. Verkry op 29 Maart 2009.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne