Kokketiel

Kokketiel
’n Kokketielmannetjie.
Die klank van ’n kokketiel.
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Klas:
Orde:
Familie:
Subfamilie:
Genus:
Nymphicus

Wagler, 1832
Spesie:
N. hollandicus
Binomiale naam
Nymphicus hollandicus
(Kerr, 1792)
Verspreidingsgebied in rooi.
Sinonieme

Psittacus hollandicus (Kerr, 1792)
Leptolophus hollandicus

Die kokketiel (Nymphicus hollandicus) is ’n lid van die Kaketoefamilie wat inheems aan Australië is. Hulle is oor die wêreld heen gewild as troeteldiere en is redelik maklik om te teel. As voëls wat in hokke aangehou word, is hulle naas die budjie die gewildste.[2]

Die kokketiel is die enigste lid van die genus Nymphicus. Dit is voorheen beskou as ’n kuifpapegaai, maar ná meer onlangse molekulêre studies[3] en DNS-toetse[4] is hulle in hul eie subfamilie, Nymphicinae, in die kaketoefamilie, Cacatuidae, geplaas. Dit is die kleinste voël in die familie. Kokketiele is inheems aan Australië en kom veral in die moeras-, struik- en boslande voor.

  1. "Nymphicus hollandicus". IUBN-rooilys van Bedreigde Spesies. Weergawe 2013.2. Internasionale Unie vir die Bewaring van die Natuur. 2012. Besoek op 26 November 2013. {{cite web}}: Ongeldige |ref=harv (hulp)
  2. "Factsheets:Cockatiel" (in Engels). Australian Museum. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 3 November 2019. Besoek op 30 Augustus 2008.
  3. Adams, M; Baverstock, PR; Saunders, DA; Schodde, R; Smith, GT (1984). "Biochemical systematics of the Australian cockatoos (Psittaciformes: Cacatuinae)". Australian Journal of Zoology. 32 (3): 363–77. doi:10.1071/ZO9840363.
  4. Brown, D.M. & Toft, C.A. (1999): Molecular systematics and biogeography of the cockatoos (Psittaciformes: Cacatuidae). Auk 116(1): 141-157.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne