Kolgans | |
---|---|
![]() | |
Kolgans naby Skukuza, Krugerwildtuin, en die mannetjie se roep in Duitsland | |
Wetenskaplike klassifikasie ![]() | |
Domein: | Eukaryota |
Koninkryk: | Animalia |
Filum: | Chordata |
Klas: | Aves |
Orde: | Anseriformes |
Familie: | Anatidae |
Genus: | Alopochen |
Spesie: | A. aegyptiaca
|
Binomiale naam | |
Alopochen aegyptiaca (Linnaeus, 1766)
| |
![]() | |
Heeljaar aanwesig Oorwinteringsgebied Invoergebiede | |
Sinonieme | |
Anas aegyptiaca Linnaeus, 1766 |
Die kolgans (Alopochen aegyptiacus) of berggans is algemene en bekende 'n watervoël wat aan die familie van eendvoëls (Anatidae) behoort. Dit is die enigste oorlewende spesie van die eendgenus Alopochen. Hierdie genus is nou aan die bergeende (genera Tadorna en Radjah) verwant, en is dus nie ganse (genera Anser en Branta) in die ware sin nie. Hulle is standvoëls en word regdeur Suider-Afrika[2] en die oorgrootte deel van die Sub-Sahara aangetref. Hulle word maklik gedomestiseer, en is in Europa en elders ingevoer waar hulle getalle gedy. Hulle is monogaam en territoriaal en broei geïsoleerd. Hul wetenskaplike naam is uit Grieks en Latyn saamgestel, en verwys na hul voskleur, sowel as hul assosiasie met Egipte (kyk onder).