Kollaterale skade (ook genoem perifere skade) is onbedoelde skade wat aangerig word tydens 'n aanval op iets of iemand anders. Die term word veral gebruik vir militêre aanvalle wat ook skade aan burgerlikes, burgerlike voorwerpe of eie soldate veroorsaak (in laasgenoemde geval word daarna verwys as vriendelike vuur).
Kritici van die gebruik van die term "kollaterale skade" sien dit as 'n eufemisme wat nie-vegters wat tydens gevegte gedood of beseer is ontmenslik. Dit word gebruik om die vermeende skuld van militêre leierskap te verminder deurdat hulle nie daarin slaag om nie-vegtende ongevalle te voorkom nie.[1][2][3][4]