Kolosse van Memnon

25°43′14″N 32°36′38″O / 25.72056°N 32.61056°O / 25.72056; 32.61056

Kolosse van Memnon
el-Colossat
Egiptiese standbeelde
Die kolosse in 2015.
Die kolosse in 2015.
Land Vlag van Egipte Egipte
Streek Wes van Luxor
Soort Standbeelde
Materiaal Kwartsiet
Hoogte Sowat 18 m
Opgedra aan Amenhotep III

Die Kolosse van Memnon (Arabies: el-Colossat of es-Salamat) is twee enorme steenstandbeelde van farao Amenhotep III wat voor sy verwoeste dodetempel by Thebe (Luxor) gestaan het. Dié was die grootste tempel in die Thebaanse Dodeakker. Die standbeelde staan al sedert 1350 v.C. en was bekend aan die antieke Grieke en Romeine, sowel as moderne reisigers en Egiptoloë.[1][2]

Die standbeelde bevat 107 inskripsies in Grieks en Latyn uit die Romeinse tyd, tussen 20 en 250 n.C. Baie van die inskripsies op die noordelikste standbeeld verwys na die Griekse mitologiese koning Memnon, en daar is destyds foutiewelik geglo die standbeeld is van hom.[3]

  1. "Luxor, Egypt". BBC News. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 19 April 2013. Besoek op 6 Junie 2012.
  2. Wilfong, T.; S. Sidebotham; J. Keenan; DARMC; R. Talbert; S. Gillies; T. Elliott; J. Becker. "Places: 786066 (Memnon Colossi)". Pleiades. Besoek op 22 Maart 2013.
  3. Rosenmeyer, P.A. (2018). The Language of Ruins: Greek and Latin Inscriptions on the Memnon Colossus. Oxford University Press. ISBN 978-0-19-062632-7. Besoek op 13 Februarie 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne