![]() Komeet Hale-Bopp, kort ná sy perihelium in April 1997. | |
Ontdekking | |
---|---|
Ontdek deur: | Alan Hale Thomas Bopp |
Ontdekkingsdatum: | 23 Julie 1995 |
Alternatiewe name: | Die Groot Komeet van 1997 C/1995 O1 |
Wenteleienskappe A | |
Epog: | 2022-Sep-15 (JD 2459837.5) |
Afelium: | 354 AE[1] |
Perihelium: | 0,914 AE[2] |
Halwe lengteas: | 177 AE |
Eksentrisiteit: | 0,99498 |
Wentelperiode: | 2 399 jaar[3] |
Baanhelling: | 89,3° |
Laaste perihelium: | 1 April 1997[2] |
Volgende perihelium (voorspel): | 4385 ± 2 n.C.[4] |
Komeet Hale-Bopp (amptelik C/1995 O1) is een van die bes waargenome komete van die 20ste eeu en een van die helderstes wat in baie dekades gesien is. Dit het verskeie rekords verbeter.
Alan Hale en Thomas Bopp het die komeet apart op 23 Julie 1995 ontdek voordat dit met die blote oog sigbaar geword het. Dit is moeilik om die helderheid van nuwe komete met enige mate van sekerheid te voorspel, maar Hale-Bopp het die beste verwagtinge oortref toe dit op 1 April 1997 sy perihelium (naaste afstand aan die Son) bereik met 'n skynbare magnitude van -1,8. Dit was vir 'n rekord van 18 maande met die blote oog sigbaar danksy sy enorme komeetkern. Dit was twee keer so lank as die Groot Komeet van 1811, die vorige rekordhouer. Hale-Bopp is dus die Groot Komeet van 1997 gedoop.
Hale-Bopp het waarskynlik sy vorige, en eerste, perihelium in Julie 2215 v.C. bereik,[5] toe dit in Antieke Egipte sigbaar sou wees. Die komeet was dalk vroeg in Junie dié jaar byna in 'n botsing met Jupiter betrokke, en dit het dalk sy wentelbaan drasties verander. In April 1996 het die komeet weer baie naby aan Jupiter af verbybeweeg, naby genoeg dat sy wentelbaan aansienlik deur die planeet se swaartekrag beïnvloed kon gewees het.[6]
Daar is 'n klein kans dat Hale-Bopp eindelik 'n sonskeerderkomeet sal word. Dit sal dan uiters helder wees en kan selfs in stukke opbreek.
Hale-Bopp is nog verskeie kere gesien nadat dit nie meer met die blote oog sigbaar was nie. Die laaste keer was in 2022, toe dit deur die James Webb-ruimteteleskoop waargeneem is terwyl dit 46,2 AE van die Son af was.[7]
<ref>
tag; no text was provided for refs named jpldata
<ref>
tag; no text was provided for refs named Marsden1997
<ref>
tag; no text was provided for refs named perturb
<ref>
tag; no text was provided for refs named MPEC2022-S20