Kommetjie | |
---|---|
![]() Kommetjie vanaf Houtbaai gesien | |
Koördinate: 34°08′25″S 18°19′45″O / 34.14028°S 18.32917°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Wes-Kaap |
Munisipaliteit | Stad Kaapstad |
Stigting | 1903 |
Oppervlak | |
• Totaal | 2,56 km2 (0,99 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 2 435 |
• Digtheid | 951/km2 (2 460/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 92.0% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 3.5% |
• Swart mense | 2.7% |
• Ander | 1.3% |
Taal (2011) | |
• Engels | 86.5% |
• Afrikaans | 10.3% |
• Ander | 3.2% |
Poskode (strate) | 7976 |
Kommetjie is 'n klein dorpie of voorstad naby Kaapstad, in die Wes-Kaapprovinsie van Suid-Afrika. Dit lê omtrent halfpad langs die weskus van die Kaapse Skiereiland af, aan die suidelike punt van die lang breë strand wat noordwaarts na Chapmanspiek en Noordhoek loop. Die gemeenskap van Ocean View is in sy onmiddellike suidooste geleë.
Volgens die 2011-sensus het die dorp 'n bevolking van 2 434 gehad, van wie 92% hulself as blank geklassifiseer het. Dit is in 1902 gestig toe 'n konsortium sakemanne die gebied as 'n woonbuurt van Kaapstad ontwikkel het.[2] Die dorp is in die 1960's gemoderniseer toe elektrisiteit en munisipale lopende water geïnstalleer is.[2]
Die area is 'n gewilde plek vir branderplankry, aangesien kragtige golwe van die Atlantiese Oseaan opstyg oor rotsriwwe gevorm deur harde sandsteen van die Tafelberggroep. Waar die bodem klipperig is, is die vlakker waters dik begroei met reuse-kelpwoude. Kommetjie is bekend vir sy uitstekende kreefvangste, alhoewel veranderinge in die toelaatbare daaglikse visvangkwotas dit drasties verminder het.