Komodo-lughawe (Indonesies: Bandar Udara Komodo) is 'n lughawe naby die dorpie Labuan Bajo op die eiland Flores in die Oos-Nusa Tenggara-provinsie, Indonesië. Die lughawe se naam kom van Labuan Bajo se status as 'n vertrekpunt vir toere na die nabygeleë Komodo Nasionale Park, die tuiste van die komododraak.
Dit was voorheen bekend as Mutiara II-lughawe, om nie te verwar met Mutiara-lughawe wat naby die stad Palu in Indonesië se Sentraal-Sulawesi-provinsie geleë is nie. In September 2013 het die eerste Boeing 737-800 geland en weer suksesvol opgestyg.