Komsberg

Die Komsberg is 'n bergreeks wat oos-wes strek oor die Noord-Kaap en Wes-Kaap grens. Dit is noord van die Moordenaarskaroo. Dit vorm deel van die eskarp en lê tussen die Roggeveldberge en Nuweveldberge; dit is 45 km lank en strek vanaf die Verlatenkloofpas tot by die Dwykarivierravyn.[1] Een van die sytakke van die Gouritsrivier, die Dwykarivier ontspring in die Komsberg. Die Komsbergpas gaan oor die berg. Die hoogste punt op die Komsberg is 1742 m hoog.

  1. https://www.researchgate.net/figure/229102577_fig1_Fig-1-The-southern-Roggeveldberge-and-the-Komsberg-indicating-the-highest-points

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne