Konstantyn I | |
---|---|
Koning van die Pikte | |
Dinastie | Huis van Alpin |
Bewind | 862–877 |
Volle naam | Causantín mac Cináeda |
Gebore | Omstreeks 836 |
Gesterf | 877 |
Iona | |
Voorganger | Donald I |
Opvolger | Áed |
Kinders | Donald II |
Vader | Kenneth I |
Causantín mac Cináeda (Skots-Gaelies: Còiseam mac Choinnich; omstreeks 836 – 877) ook bekend as Konstantyn I, was die seun van Kenneth MacAlpin en het sy oom Donald I op 13 April 862 opgevolg as koning van die Pikte. Dit is waarskynlik dat die Wikings wat in Ierland, Northumbrië en Noord-Brittanje gestasioneer was, meer bedrywig tydens Konstantyn se bewind was. Hy is dood tydens een so ’n inval.