Konstantyn VIII | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
Konstantyn VIII se afbeelding op ’n muntstuk.
| |
Bewind | 962-1025 (medekeiser)[1] 15 Desember 1025 – 11 November 1028 |
Dinastie | Masedoniese |
Gebore | 960 |
Oorlede | 11 November 1028 |
Voorganger | Basilius II |
Opvolger | Romanos III Argyros |
Vader | Romanos II |
Moeder | Theophano |
Konstantyn VIII (Grieks: Κωνσταντῖνος Η΄, Konstantinos VIII; 960 – 11 November 1028) was van 15 Desember 1025 tot met sy dood in 1028 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die seun van Romanos II en Theophano, en die jonger broer van die beroemde Basilius II, wat sonder kinders dood is en die bewind in sy hande gelaat het. Hy was die vorige 63 jaar in naam medekeiser. Hy het glad nie in die politiek, staat of weermag belanggestel nie. Sy kort bewind word beskou as ’n "ramp" wat gelei het tot die "verval van die ryk se militêre mag".