Konstantyn X Doukas

Konstantyn X Doukas
Keiser van die Bisantynse Ryk
’n Bisantynse muntstuk met keiser Konstantyn X op.
’n Bisantynse muntstuk met keiser Konstantyn X op.
Bewind 24 November 1059 - 22 Mei 1067
Dinastie Doukas
Gebore Omstreeks 1006
Oorlede 22 Mei 1067 (op 61)
Voorganger Isak I Komnenos
Opvolger Romanos IV Diogenes
Kinders O.a. Michael, Andronikos en Konstantios
Vader Andronikos Doukas

Konstantyn X Doukas (Grieks: Κωνσταντῖνος Ι΄ Δούκας, Kōnstantinos X Doukas, 1006 - 22 Mei 1067) was van 24 November 1059 tot 22 Mei 1067 keiser van die Bisantynse Ryk. Hy was die stigter en eerste heerser van die Doukas-dinastie.

Konstantyn was die seun van Andronikos Doukas, ’n Griekse edelman wat dalk goewerneur van die provinsie Moesia was. Hy het gehou van eindelose debatte oor filosofie en teologie en het invloed verkry ná sy troue met sy tweede vrou, Eudokia, ’n niggie van patriarg Michael Keroularios.[1] In 1057 het Konstantyn die opstand teen Isak I Komnenos gesteun en geleidelik die kant gekies van die hofburokrate wat ontevrede was oor Isak se hervormings.[1] Desondanks het die siek Isak vir Konstantyn in November 1059 as sy opvolger gekies.[2]

  1. 1,0 1,1 Kazhdan 1991, p. 504
  2. Norwich 1993, p. 337

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne