Konstantyn IX Monomachos | |
---|---|
Keiser van die Bisantynse Ryk | |
![]() ’n Mosaïek van Konstantyn IX in die Hagia Sophia.
| |
Bewind | 11 Junie 1042 – 11 Januarie 1055 |
Dinastie | Monomachos-familie (Masedonies deur sy huwelik) |
Gebore | Omstreeks 1000 Konstantinopel |
Oorlede | 11 Januarie 1055 (op 54-55) Anatolikon |
Voorganger | Zoë en Theodora |
Opvolger | Theodora |
Medeheersers | Zoë en Theodora |
Vader | Theodosios Monomachos |
Konstantyn IX Monomachos (Grieks: Κωνσταντῖνος Θ΄ Μονομάχος, Kōnstantinos IX Monomachos; c. 1000 – 11 Januarie 1055), was van 11 Junie 1042 tot 11 Januarie 1055 die keiser van Bisantium. Hy is in 1042 deur keiserin Zoë as man en medeheerser gekies, hoewel hy verban was omdat hy teen haar vorige man, keiser Michael IV die Paflagoniër, saamgesweer het. Hulle het tot met Zoë se dood in 1050 saam regeer en daarna was hy die alleenheerser.