Koos Kombuis | |
---|---|
![]() Koos Kombuis tydens ’n optrede. | |
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | André le Roux du Toit |
Ook bekend as | André le Toit |
Gebore | 5 November 1954 Kaapstad |
Beroep(e) | Skrywer en musikant |
Instrumente | Kitaar |
Assosiasies | Gereformeerde Blues Band |
Webwerf | kooskombuis.co.za |
Koos Kombuis, gebore André le Roux du Toit (gebore 5 November 1954 in Kaapstad) is ’n Afrikaanse musikant, digter en skrywer. Hy het in die laat 1980's bekendheid verwerf as deel van die anti-establishment alternatiewe Afrikaanse musiekbeweging wat ’n hoogtepunt bereik het met die landwye toer Voëlvry. Ander musici wat deel uitgemaak het van die beweging was Johannes Kerkorrel en Bernoldus Niemand (James Phillips). Dit was ’n groep jong Afrikaners wat gekant was teen apartheid en die regerende Nasionale Party.
Deur die loop van sy lewe en loopbaan as skrywer gebruik hy onder meer die volgende variasies op sy naam: André le Roux du Toit, André Letoit en Koos Kombuis. Hy maak ook by enkele geleenthede van die skuilname P.F.P. van Wyk Louw en Bosveld B. Bomskok gebruik.