Die Koperniese Rewolusie was die skuif in die oortuiging dat die Aarde die middelpunt van die Sonnestelsel is volgens die Ptolemeïese model, na die heliosentriese model – dat die Son die middelpunt is.[1]
Die "rewolusie" het begin met die publikasie van die Poolse sterrekundige Nicolaas Copernicus (1473-1543) se De revolutionibus orbium coelestium en het meer as ’n eeu later geëindig met die werk van Isaac Newton.