Koperstreek

Koperstreek in Zambië

Die Koperstreek is 'n provinsie van Zambië in die kopermynboustreek, met boerdery- en beboste gebiede in die suide van die provinsie. Dit was die ruggraat van die land se ekonomie toe dit onder Britse beheer as Noord-Rhodesië bekend gestaan het en het ekonomiese groei kort na die Zambië se onafhanklikheid aangevuur, maar die provinsie se ekonomie is ernstig gekniehalter deur die ineenstorting van die kopermark in 1973, die nasionalisering van die kopermyne deur president Kenneth Kaunda en die tweede groot insinking van die kopermark in die jare negentig. Die provinsie grens aan die Demokratiese Republiek van die Kongo se Katanga-provinsie, wat ook ryk mineraalbronne besit.

Die Koperstreek se vernaamste stede is Kitwe, Ndola, Mufulira, Luanshya, Chingola en Chililabombwe. Elkeen, buiten laasgenoemde, het tot omstreeks onafhanklikheid 'n groot blanke bevolking gehad, onder wie heelwat Afrikaners uit Suid-Afrika, sodat daar in 'n stadium vyf NG gemeentes in die provinsie was. Hulle was die NG gemeente Nkana, NG gemeente Ndola, NG gemeente Mufulira, NG gemeente Luanshya en NG gemeente Chingola. (Sien Lys van ingelyfde NG gemeentes asook NG Kerk in Zambië).

Pad- en spoorverbindings strek van hier af noord tot by Lubumbashi in die DRK, maar die Tweede Wêreldoorlog het die twee destydse kolonies se ekonomiese so te sê vernietig, hoewel dit in die laaste jare weer begin herstel.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne