Elapidae | |
---|---|
'n Egiptiese kobra | |
Wetenskaplike klassifikasie | |
Koninkryk: | |
Filum: | |
Subfilum: | |
Klas: | |
Orde: | |
Suborde: | |
Infraorde: | |
Familie: | Elapidae F. Boie, 1827
|
Subfamilie: |
Die koraalslangagtiges (Elapidae) is 'n familie van slange.[1] Die familie omvat ongeveer 350 spesies wat sonder uitsondering almal giftig is. Hulle kom in tropiese en subtropiese gebiede oor die wêreld voor, en word selfs in die Indiese en Stille Oseaan aangetref. Een van hulle kenmerke is die hol, vaste slagtande waardeur hulle gif spuit. Van die slange is so kort as 18 cm (Drysdalia), maar ander (soos die koningkobra) kan tot 6 meter lank word.
Seeslange is aanvanklik as 'n aparte familie beskou (Hydrophiidae), maar tans word die groep as 'n subfamilie van die koraalslangagtiges beskou.