![]() | |||||||
| |||||||
Gestig | 1946 (as "Korean National Airlines") | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 1969 | ||||||
Hoofspille |
| ||||||
Fokusstede |
| ||||||
Lojaliteitsprogram | SKYPASS | ||||||
Alliansie | SkyTeam | ||||||
Vlootgrootte | 158 | ||||||
Bestemmings | 129 | ||||||
Houermaatskappy | Hanjin Group | ||||||
Sitkamer | KAL Lounge | ||||||
Hoofkantoor | Gonghang-dong, Gangseo-gu, Seoul, Suid-Korea | ||||||
Sleutelpersone | Cho Yangho (Voorsitter & HUB) | ||||||
Webwerf | http://www.koreanair.com |
Korean Air Lines Co., Ltd. (IATA: KE, ICAO: KAL) handeldrywend as Korean Air, is die vlagdraer en grootste lugredery van Suid-Korea, met sy hoofkwartier in Gonghang-dong, Gangseo-gu, Seoel, Suid-Korea.
Korean Air se internasionale passasiersafdeling en verwante filiaalvragafdeling bedien saam 130 stede in 45 lande, terwyl die binnelandse afdeling 20 bestemmings bedien. Dit is een van die top 20 lugrederye in die wêreld in terme van passasiers vervoer en is ook onder die top internasionale vraglugrederye.
Incheon Internasionale Lughawe dien as Korean Air se internasionale spil. Korean Air het ook 'n satelliet-hoofkwartier op Incheon. Dit is aangewys as Asië se beste lugredery deur "Business Traveler"-lesers in 2012. [1]