Kornalyn (ook korneool en karneool) is ‘n halfedelsteen. Dit is ‘n variëteit van chalcedoon en is deurskynend en helder oranje-rooi van kleur, maar dit kan wissel van geel tot bruin en word hoofsaaklik aangetref in Indië, Brasilië en Japan. Kornalyn is die verjaardagsteen vir Julie en word dikwels gebruik in seëlringe.