Kostroma Кострома | |
---|---|
Stad | |
![]() Die Ipatijef-klooster in Kostroma | |
![]() Die ligging van Kostroma-oblast in Rusland | |
Koördinate: 57°46′N 40°56′O / 57.767°N 40.933°O | |
Land | ![]() |
Deelgebied | Kostroma-oblast |
Stigting | 1152 |
Regering | |
• Tipe | Stad-okroeg |
• Burgemeester | Joeri Zjoerin |
Bevolking | |
• Totaal | 271 445 |
Tydsone | UTC+04:00 |
Webwerf | http://www.gradkostroma.ru |
Kostroma (Russies: Кострома́) is ’n historiese stad in Rusland en die hoofstad van die federale deelgebied Kostroma-oblast. Dit is by die samevloei van die Wolga- en die Kostroma-rivier geleë en is deel van die Goue Ring van historiese nedersettings, wat stede soos Wladimir en Soezdal insluit. Die bevolking in 2013 was 271 445.