Kowierivier | |
---|---|
Stroomgebied | Oos-Kaap |
Monding | Indiese Oseaan |
Lengte | 94 |
Oorsprong-hoogte | 800 |
Monding-hoogte | 0 |
Koördinate: 33°36′06″S 26°53′58″O / 33.60167°S 26.89944°O |
Die Kowierivier is 'n rivier in die Oos-Kaap, Suid-Afrika.
Die rivier se oorsprong is in die heuwels van die "Grahamstadshoogte" waarna dit in 'n suidoostelike rigting vloei. Dit dreineer die pynappel-landerye en grootste dele van die Bathurst-streek, en vloei deur die gesogte Port Alfred-waterfront, waarna dit by 33°36′06″S 26°53′58″O / 33.60167°S 26.89944°O in die Indiese Oseaan uitmond.
Die hoofsyriviere is die Bloukransrivier, die Bakrivier en die Lushingtonrivier. Die Kleinkowierivier is 'n kleiner sytak wat 14 km voor die monding by die strandmeer-gedeelte aansluit. Daar sluit ook 'n hele aantal kleiner, onbenoemde spruite aan by die rivier langs sy roete na die see. Die Kowierivier is deel van die Vis tot Tsitsikama waterbestuursgebied.[1]