Kraai | ||||
Latynse naam | Corvus | |||
Genitief | Corvi | |||
Afkorting | Crv | |||
Waarnemingsdata (Epog J2000) | ||||
Regte klimming | 12h | |||
Deklinasie | -20º | |||
Grootte | 184 vk. grade (70ste) | |||
Kwadrant | SQ3 | |||
Besonderhede | ||||
Hoofsterre | 4 | |||
Helderste ster | Gamma Corvi (Gienah) | |||
Naaste ster | Ross 695 | |||
Sterre helderder as 3 m | 3 | |||
Sterre met planete | 1 | |||
Messier-voorwerpe | 0 | |||
Bayer-/Flamsteed-sterre | 10 | |||
Meteoorreëns | Corvids | |||
Aangrensende sterrebeelde | ||||
Maagd, Beker, Noordelike Waterslang | ||||
|
Die Kraai (Latyn: Corvus) is ’n klein sterrebeeld in die suidelike hemelruim. Dit bevat net 11 sterre wat met die blote oog sigbaar is (helderder as 5,5 mag). Dit is een van die 48 konstellasies wat deur die 2de-eeuse sterrekundige Ptolemeus beskryf is en is steeds een van die 88 moderne sterrebeelde.