Krieket Skotland | |
---|---|
![]() Kenteken van Krieket Skotland
| |
Engelse naam | Cricket Scotland |
Afkorting | CS |
Land | ![]() |
Sportsoort | Krieket |
Stigting | 1879 (1908) |
Lid van | Internasionale Krieketraad |
Aangesluit in | 1994 |
Vastelandse beheerliggaam | Europese Krieketraad |
Setel | Edinburg, Skotland |
Amptelike taal | Engels |
Amptelike webwerf | cricketscotland.com |
Krieket Skotland (Engels: Cricket Scotland, afgekort “CS”), voorheen die Skotse Krieketunie (Scottish Cricket Union, “SCU”), is die bestuursliggaam wat krieket in Skotland beheer. Die beheerliggaam is in 1908 gestig en in Edinburg gesetel. Sedert 1994 verteenwoordig dit Skotland by die Internasionale Krieketraad (IKR) as ’n assosiaatlid en ook by die Europese Krieketraad (European Cricket Council, “ECC”).