Kronberg im Taunus | |
---|---|
Stad | |
Die kasteel en historiese middestad van Kronberg im Taunus | |
Ligging in die deelstaat Hesse | |
Koördinate: 50°11′N 08°31′O / 50.183°N 8.517°O | |
Land | Duitsland |
Deelstaat | Hesse |
Administratiewe streek | Darmstadt |
Administratiewe distrik | Hochtaunuskreis |
Regering | |
• Burgemeester | Klaus E. Temmen (onafhanklik) |
Oppervlak | |
• Totaal | 18,62 km2 (7,19 vk. myl) |
Hoogte | 257 m (843 ft) |
Bevolking | |
• Totaal | 18 312[1] |
• Digtheid | 983,5/km2 (2 547/vk. myl) |
Tydsone | UTC+1:00 (MET) |
• Somertyd | UTC+2:00 (MEST) |
Poskode | 61476 |
Skakelkodes | 06173 |
Webwerf | www.kronberg.de |
Kronberg im Taunus (voor 17 Oktober 1933 gespel as Cronberg) is 'n klein stad en kuuroord in die administratiewe distrik Hochtaunuskreis van die Duitse deelstaat Hesse. Sy naam is afgelei van die kasteel Kronberg wat tussen 1220 en 1704 as setel van die ridders van Kronberg gedien het. Die kasteel is, net soos die historiese middestad met vakwerkhuise, 'n gewilde toeristeaantreklikheid, onder meer vanweë sy ligging op 'n rotsplato van waar besoekers 'n uitsig oor die Ryn-Mainvlakte het, en twee musea wat die geskiedenis van stad en kasteel behandel.[2]
Kronberg is naby Frankfurt am Main teen die suidelike helling van die Taunus-bergreeks geleë en word, naas die hoë koopkrag van sy inwoners (met 'n indeks van 179 is dit in vergelyking met die gemiddelde van Duitsland - 100 persent - die derde welvarendste nedersetting in die land na sy buurstad Königstein im Taunus en Starnberg in Beiere[3]), deur nou straatjies met historiese vakwerkboukuns in sy historiese middestad asook 19de eeuse en moderne somerhuise en villa's in welgestelde woongebiede in die buitewyke gekenmerk. Kronberg im Taunus word administratief onderverdeel in drie stadsdele - Kronberg, Schönberg en Oberhöchstadt.