Kroonstad | |
---|---|
![]() Voortrekker Sarel Cilliers se standbeeld op die gronde van die NG Moedergemeente by Kruisstraat. Cilliers staan op 'n wapenwa waar hy die Bloedrivier-gelofte maak. | |
Koördinate: 27°39′48″S 27°13′56″O / 27.66333°S 27.23222°O | |
Land | ![]() |
Provinsie | Vrystaat |
Distrik | Fezile Dabi |
Munisipaliteit | Moqhaka |
Stigting | 1855 |
Oppervlak | |
• Totaal | 74,81 km2 (28,88 vk. myl) |
Hoogte | 1 369 m (4 491 ft) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 24 723 |
• Digtheid | 330/km2 (900/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 10.1% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 4.0% |
• Swart mense | 85.2% |
• Ander | 0.3% |
Taal (2011) | |
• Suid-Sotho | 73.3% |
• Afrikaans | 15.8% |
• Engels | 3.1% |
• Xhosa | 2.5% |
• Ander | 5.3% |
Poskode (strate) | 9499 |
Poskode (posbusse) | 9500 |
Skakelkode | 056 |
Kroonstad is 'n dorp in die Noord-Vrystaat en is gestig in 1855. Kroonstad is genoem na 'n perd, genoem Kroon, wat besit is deur Sarel Cilliers. Die perd is beseer in die Kroonspruit.
Die Valsrivier vloei deur die dorp en die N1 nasionale pad strek as 'n snelweg langs die dorp verby.
Die bevolking van Kroonstad (en sy townships) was 168 762 in 2011. Kroonstad was die hoofstad van die Oranje-Vrystaat van 13 Maart tot 11 Mei 1900. (Sedertdien is Bloemfontein die hoofstad.)
'n Groot deel van die ontwikkeling en ekonomie van die dorp is te danke aan die mielieboerdery in die streek, die groot militêre basis, die groot gevangenisdiensaanleg (insluitend die -opleidingskollege) en die spoorweg.
Die dorp het 'n ryk geskiedenis in terme van die Anglo-Boereoorlog.